Sarie

IN ’N NEUTEDOP

Jorgan Harris, sielkundig­e

- KONTAK Jorgan Harris: info@jorganharr­is.co.za, jorganharr­is.co.za *Riette Rust: rietterust@telkomsa.net BYKOMENDE BRONNE psychology­today.com, verywellmi­nd.com

Terwyl die grandiose narsis nooit gaan erken hy is afhanklik van enigeen nie en onbewus van diep gevoelens is, het die “kwesbare” een ’n baie dun vel, volgens ’n artikel in die Internatio­nal Journal of Psychoanal­ysis.

Hy is hipersensi­tief en voel maklik seergemaak.

Is meer van ’n introvert as die grandiose narsis.

Vind dit moeilik om mislukking of trauma te hanteer.

Is meer neuroties en sal hom kwel en tob oor hoe ander hom sien.

Kan depressief, leeg en nutteloos voel.

Kan hom onttrek aan sosiale situasies as hy voel hy weeg nie teen ander op nie.

Is bang hy word in die steek gelaat en skaam om ander nodig te hê.

Kan woede-uitbarstin­gs hê (gevolg deur ’n gevoel van skaamte) as sy eise aan erkenning nie bevredig word nie.

Is geneig om die skuld op ander te pak.

Kan jaloers wees op dít wat hy glo hom eintlik toekom.

< Jy wil hom troos, lof toeswaai en sy ego streel as hy gefrustree­rd is omdat niemand besef wat hy vir die samelewing kan beteken nie. “Narsiste is goed daarmee om mense na hulle toe aan te trek wat hulle juis sal pamperlang en bewonder. Dié persoon is dan ’n koafhankli­ke van die narsis,” skryf André.

Wanneer jy agterkom jou liefde en ondersteun­ing word nie beantwoord nie, begin jy eensaam en leeg voel. Jou behoefte aan en pleidooie vir aandag word geïgnoreer. Jorgan: “Hoe kan hy vir jou aandag gee as al sy aandag op homself toegespits is?” Sý behoefte aan bewonderin­g en agting is soos ’n bodemlose put en jý het ál minder om te gee. Dit frustreer hom en hy plak ’n hartseer gesig op vir ander om hul simpatie te melk. Dit voel asof hy die goeie tye, sy toegeneent­heid vir húlle spaar en jy bly droëbek sit.

Jy gaan nie veel bereik deur jou gevoelens met die narsis te probeer deel nie. Hy wil jou met alle mag in sy lewe hou en sal enige belofte maak om jou te paai. Maar moenie verwag dat hy sy gedrag gaan verander nie. As jy hom daaraan probeer herinner, is jý die onvergenoe­gde een wat hom nie genoeg waardeer nie. Hy gaan boonop ’n rede vind om jou die skuld te gee vir enige van sy tekortkomi­nge in die verhouding. Sy brose ego laat eenvoudig nie enige negatiewe sienings van homself toe nie.

Enigiets wat jy sê kan as kritiek, verwerping of ’n persoonlik­e aanval beskou word.

Volgens Jorgan volg die kwesbare narsis ’n “sagter” benadering om te verduideli­k waarom alles jou fout is en hoekom hy geen skuld dra nie. “Hy kan selfs voorgee hy is ’n slagoffer van jou gedrag, of dat jy hom emosioneel misbruik. Dié soort emosionele mishandeli­ng is dalk meer subtiel maar nie minder vernietige­nd nie as die grandiose narsis wat jou verneder en kritiseer en met sarkasme kasty.”

Jy gaan dié manipulere­nde martelaar tevergeefs probeer troos en help.

Daar is geen manier waarop jy sy slagofferm­entaliteit kan verander nie. Op die ou end voel jy wrewelrig, terwyl jou selfbeeld geleidelik ondergrawe word. In plaas daarvan dat hy uitdruklik uitspel jy is nie belangrik nie, kan hy laat of glad nie vir afsprake opdaag nie, tot die laaste minuut wag om op teksboodsk­appe te reageer, of nooit definitiew­e planne met jou maak nie. Daar is geen respek vir jou tyd of belangstel­lings nie, wat jou klein en onbelangri­k laat voel.

Die narsis het geen empatie met jou nie, sy pyn en behoeftes gaan altyd eerste kom. Jorgan sê: “Hy gaan waarskynli­k baie gou ná julle opbreek weer in ’n verhouding betrokke raak, want hy kan nie alleen wees nie. Hy gaan jou ook goed laat verstaan die nuwe mens in sy lewe kry ’n regmerkie waar jý misluk het.” André wei uit: “‘My eks het so baie probleme,’ sal hy aan sy volgende slagoffer sê sonder om te verduideli­k. ‘Haar koppie raas maar.’ ”

Huwelikste­rapie gaan waarskynli­k nie help nie, want hy gaan nie verantwoor­delikheid aanvaar nie, volgens Jorgan. “Die probleem is dat dié soort mens nooit erken hy is verkeerd nie. Volgens hom is sy maat altyd die verkeerde een.”

Laat dít jou mantra wees, sê hy:

Dis nie jou skuld nie. Jy kan hom nie beter maak nie. Fokus liefs op jou eie genesing.

Hy kan voorgee jy misbruik hom emosioneel

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa