Sarie

Simone ONTTREK ‘twisties’ OOR DIE

-

Simone Biles daag gereeld swaartekra­g uit en die meeste medaljes nóg in gimnastiek is hare. Toe sy vanjaar wegstap van die Olimpiese Spele om haar “psigiese welsyn eerste te stel”, het dit ’n poel groter as sport laat roer. En oënskynlik die sluise van ’n opgaardam in die wyer kultuur oopgemaak.

Sy het besluit om opsy te staan oor wat sy die “twisties” noem. Iain Shippey van ThincSport, wat onder meer op sportprest­asie fokus, verduideli­k: Dis wanneer ’n gimnas haar sin vir oriëntasie verloor terwyl sy in die lug draai. Jy verloor daardie spesiale gevoel van liggaamsbe­wustheid en kan jouself ernstig beseer. (Sy het later wel haar slag op die balanseerb­alk gewys en ’n bronsmedal­je gekry.)

Haar onttrekkin­g aan die Spele het meer interaksie op sosiale media ontlok as Meghan en Harry se biegsessie met Oprah. Of Naomi se onttrekkin­g aan die Franse Ope, volgens NewsWhip (newswhip.com), wat sosialemed­ia-data analiseer. Toe sy die dag onttrek, het Googlesoek­togte oor psigiese gesondheid die hoogte in geskiet. As Simone soms emosioneel van balans af is, is ek seker oukei as ek ook so voel, wil dit sê. (Simone is ook op Time se lys van 100 invloedryk­stes.)

FOTO BO Simone in aksie in die balanseerb­alk-eindronde by die Ariakegimn­astieksent­rum in Tokio in Augustus.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa