Sarie

MUSKIETE JAG

-

Geneties-gewysigde muskiete is in 2019 die eerste keer in Burkina Faso, Afrika, vrygelaat. En in April vanjaar het 12 000 muskiete op ses plekke in Florida Keys, Amerika, hul vlerkies gesprei. Die doelwit is die beheer van siektes, soos malaria, wat deur die pestilensi­e oorgedra word. Die muskiete is op so ’n manier geneties verander dat hul kroos sal vrek voor hulle volwasse is. Kritici sê egter dit kan onbedoelde gevolge hê. As jy ’n ekologiese stelsel ontwrig, hoe min ook al, gáán dit ’n impak hê. Goeie nuus is dat daar fluks gevorder word met ’n malaria-entstof. Die WGO het pas een vir kinders in groot dele van Afrika aanbeveel, berig Netwerk24. Bron: usatoday.com

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa