Sarie

DIE INTERNET HET ’N KAT!

-

Ontmoet Purrli, ’n soort witgeraas-genereerde­r – maar die geluid is ’n kat wat spin. Nie net is dit ’n gratis spinmasjie­n nie, maar jy kan dit aanpas volgens jou bui. Soos slaap vs. gelukkig, ontspanne vs. uit jou vel, naby vs. ver, perrrfek vs. miaau. (By laasgenoem­de onderbreek ’n kat se gemiaau die gespin.) Gereelde besoekers spin behoorlik oor die voordele daarvan. Dit sluit in angs- en stresvermi­ndering, ’n beter nagrus, pynbeheer, jy is meer produktief, voel gelukkiger en dit help ander katte.

Dis verslawend! Besoek purrli.com

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa