SO SÊ HULLE OP
Janet Skeslien Charles oor haar roman, The Paris Library (Charles, R335)
Het jy baie navorsing gedoen en was daar iets wat jou verras het?
Ek het die storie van die heldhaftige personeel șvan die Amerikaanse biblioteek in Parysț wat die Nazi’s teengestaan het, by my kollegas gehoor. Toe ek navorsing begin doen oor die destydse direkteur, Dorothy Reeder, en haar vertroulike verslag oor die Nazi-besetting lees, het ek koue rillings gekry.
Die boek het tien jaar geneem om na te vors en te skryf. Ek het koerante soos Le Figaro en die Paryse uitgawe van die New York
Herald asook tydskrifte uit die era gelees, sowel as ’n paar jaar se uitgawes van die Library Journal om die sorge van biblioteekpersoneel te verstaan. Buiten geskiedenisboeke oor die Tweede Wêreldoorlog en die Koue Oorlog, het ek verskeie vroue – van boekverkopers tot bordeeleienaars en joernaliste – se memoires gelees om meer uit te vind oor die lewe in Parys tydens die oorlog.
My grootste ontdekking was Dorothy. Sy was ongelooflik dapper. Toe die ambassadeur aanbeveel dat buitelanders Frankryk verlaat, het sy aangebly as hoof van die biblioteek. Nadat sy Parys eindelik verlaat het, het sy vir die Rooi Kruis in Florida geld ingesamel en mense van dié organisasie se werk bewus gemaak. Sy het ook personeel opgelei by die nasionale biblioteek in Bogotá, Colombië. Toe keer sy terug na Europa saam met die Rooi Kruis. Sy het haar loopbaan afgesluit by die Library of Congress in Washington DC. In die 1940’s het sy op drie kontinente gewerk. Hoe ongelooflik!