Sarie

Design Secrets

-

Kit Kemp

(Hardie Grant Books, R520)

Die Britse ontwerper dra haar boek op aan almal wat swaargekry het in 2020, en veral haar vriende in die gasvryheid­sbedryf. Kemp doen die meeste van haar werk vir die bedryf. Sy is ’n stoere kampvegter vir Britse kuns, handwerk en beeldhou en werk gereeld aan projekte saam met leiers uit die onderskeie dissipline­s. Met dié boek wil sy ’n saadjie plant van hoe jy nuut na binnenshui­se ruimtes moet kyk. “Die beste vertrekke wil nooit hê jy moet hulle verlaat nie,” sê sy. Haar ontwerpgeh­eime deel sy visueel met kleurfoto’s van die verskillen­de elemente wat ’n goeie binneruim vereis. Die boek is propvol praktiese wenke. Die moets en moenies waarop jy moet let by die keuse van muurpapier en verf is besonder waardevol. Beslis ’n aanwins vir alle tuisteskep­pers wat daarvan hou om hul woning mooi te maak.

Phyllis Green

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa