Sarie

Wildekus, Morné Malan (Lapa Uitgewers, R280)

-

Malan gooi jou saam met sy hoofkarakt­er, Adam Swart, in die binnekring van die rondswerwe­nde gelowiges van die Lewende Vlees en laat jou saam met hom vrae vra oor geloof, die betekenis daarvan in mense se lewe en die redes wat hulle dryf om by ’n kultus betrokke te raak.

Die welgesteld­e sakeman se dogter,

Lea, het vier jaar tevore spoorloos verdwyn tydens ’n wegbreek aan die Wildekus. Pa en dogter het stry gekry oor die einste kultus se doen en late nadat hulle met hul verflenter­de karavane en afgeleefde bakkies langs hulle kom kamp opslaan het. Adam se onverpoosd­e soektog na Lea bring hom terug na die Wildekus. En die Lewende Vlees. Hy vermoed sy is deel van die kultus, maar is dit vrywillig of is sy ontvoer?

Die roman ondersoek die verhouding tussen ’n pa en dogter, die dinge wat hulle van mekaar vervreem én wat bloed dikker as water maak. Phyllis Green

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa