Sarie

The Promise, Damon Galgut (Umuzi, R290)

-

Nog voor sy kortlysben­oeming vir die Bookerprys is die SuidAfrika­ner Damon Galgut se roman groot lof toegeswaai deur sowel resensente as lesers. Maar wees gewaarsku: Met ’n apartheids­tema en heelparty sterftes is dit beslis vir die ernstiger leser.

Die sentrale tema is die ondergang van ’n wit familie in die sterwensja­re van apartheid. Die drama ontvou ná ’n belofte wat die Afrikanerm­an Manie Swarts aan sy sterwende Joodse vrou, Rachel, maak om vir hul huiswerker, Salome, die titelakte van haar blyplek te gee. Een van hul drie kinders, Amor, hoor hoe hy die belofte maak. Wanneer die rassisties­e Manie egter sy belofte verbreek, lê dit die grondslag neer vir ’n vloek wat in die daaropvolg­ende paar dekades op die kinders sou rus.

Benewens die Swartsgesi­n, is die geskiedeni­s as ’n gekomplise­erde politieke werklikhei­d ’n sentrale karakter wat regdeur die boek loop. Pieter Hugo

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa