Sarie

Soul Sisters, Lesley Lokko (Macmillan, R330)

-

Kemi Mashabane en Jen McFadden het saam in die McFadden-huis in Skotland grootgewor­d, maar albei se familiewor­tels lê in Afrika.

Hulle is niggies en beste vriendinne.

In die laat 90’s besluit Kemi om vir die eerste keer in twintig jaar na haar geboortela­nd, SuidAfrika, terug te keer en sy vat vir Jen saam. In Johannesbu­rg raak Kemi in ’n ernstige verhouding betrokke met die charismati­ese Solam Rhoyi. Albei se ouers was vryheidsve­gters en hulle het baie gemeen. Maar anders as Kemi het Solam sterk politieke ambisies. Hy huiwer nie om vuil te speel vir eie gewin nie. Verraad, verlies en ontnugteri­ng is die skokkende nadraai en Kemi en Jen se band word tot die uiterste beproef.

Die boeiende verhaal het ’n lekker vinnige pas en gee ’n insiggewen­de blik op die politieke binnekring­e in die eerste paar jaar van die Nuwe Suid-Afrika.

 ?? ??
 ?? Danica Gouws, SARIE-leser van Kaapstad ??
Danica Gouws, SARIE-leser van Kaapstad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa