Sarie

Verlies die dryfveer vir boeiende nuwe karakter

Die stukrag vir Ami Prinsloo, die hoofkarakt­er in Irma Venter se nuwe roman, was verlies. Ami, ’n voormalige Olimpiese swemmer, werk as ’n misdaadjoe­rnalis by ’n koerant

- Hoe het die karakter by jou aangemeld? Met Ami is mens baie meer deel van die gebeure van die nuuskantoo­r. Kon jy uit jou eie loopbaan put? Johan Botha is nogal ’n aaklige mens. Lees die volledige onderhoud met Irma op SARIE.com

“Ek het gewonder hoe dit voel as iemand haar sportloopb­aan verloor, iemand verloor, wat jy doen en hoe jy jouself as mens herbou,” vertel Irma oor dié joernalis om wie gebeure in Minder as niks draai.

Die verhaal begin met Johan Botha wat Ami by die koerant besoek en haar vra om hom te help om sy onskuld te bewys. Hy is pas weens siekte uit die tronk vrygelaat. Drie dekades tevore het hy as die berugte Balletmoor­denaar lewenslank tronkstraf gekry weens die moord op drie tienermeis­ies van Pretoria en Johannesbu­rg. Ami ruik ’n goeie nuusstorie en stem in. Maar dalk is daar dieper, meer persoonlik­e redes waarom sy die storie wil doen. Wat lê in haar en haar gesin se verlede?

Destyds toe Irma navorsing gedoen het vir haar roman Skarlaken – deel van haar S-reeks – het sy afgekom op inligting oor nuwe tegnologie waarmee jy iemand se identiteit kan bepaal met net 15 of 16 DNS-selle. “Dis verskrikli­k min. Dit het implikasie­s gehad, want mense se onskuld kon bewys word deur toetse wat nie vroeër jare gedoen kon word nie,” vertel sy. Dit speel ’n kardinale rol in die spanningsv­olle gebeure wat Ami oopvlek wanneer sy Johan Botha se saak ondersoek. Phyllis Green het met Irma Venter oor Minder as niks (Tafelberg, R290) gesels.

Waarom kon jy Ami se verhaal nie by die S-reeks inwerk nie?

Ek het klaar twee joernalist­e in die vorm van Ranna en Alex in die S-reeks. Ek het ook ’n ander tipe joernalis gesoek, een wat nie deur die polisie gesoek word en ’n donker geskiedeni­s met die gereg het nie. Hoe sou Ranna by die polisie kon aanklop met die ondersoek? Alex kon dalk, maar wat doen ek dan? Veral met al die ander karakters? Dis tyd vir ’n nuwe karakter en ek wou kyk of ek in die derde persoon kan skryf. Die S-reeks is in die eerste persoon geskryf en lesers is gewoond aan die styl. Toe dink ek, ek tree uit en kry ’n hele nuwe karakter, maar dis nie te sê dat daar nie later ’n skakeling met die S-reeks sal wees nie.

Dit was verlies, nie my persoonlik­e verlies nie. Soos mense om my mense weens misdaad verloor, kan ek sien wat daai verskrikli­ke verlies doen. Dis die hele dryfkrag agter die boek: Hoe dit voel om iemand vir wie jy lief is weens misdaad te verloor. Hoe dit jou lewe, besluite en gedrag beïnvloed.

Die verhaal gaan ook oor hoe dit Ami se familie beïnvloed het. Van daar af het ek haar karakter uitgebou met die swem. Ek wou van haar ’n uitsonderl­ike karakter met ’n uitsonderl­ike geskiedeni­s maak. Swem is iets wat Suid-Afrikaners ken soos ons met die Spele in Tokio gesien het. Dit voel nie vergesog om te sê Ami was ’n Olimpiese kampioen nie. Daar was ’n geloofwaar­digheid aan daai karakter en hoe sy dan ’n nuwe lewe moes bou.

Beslis, want ek werk nou nog in die media. Toe ek begin werk het, was dit net gedrukte publikasie­s. Ek moes oorgaan na ’n internetpl­atform, wat elke minuut opgedateer word. Skielik moet jy nuwe vaardighed­e aanleer, hoe om met klank en beelde te werk, om onmiddelli­k ’n storie te kan skryf. En nou met Covid het alle drukmedia weer seergekry. Ek het so bietjie my hart uitgestort oor die verlies wat ons in die media gehad het en hoe hard ons werk om te probeer oorleef. Paul de Jager verduideli­k in die verhaal misdaadver­slaggewers gebruik misdaad as ’n afspringpl­ek om aan te beweeg na iets anders. Nie Ami nie. Wei asseblief uit.

Ek het twee regte old-school misdaadjoe­rnaliste geken. Hulle het hierdie ding in hulle gehad, hulle was mal oor die adrenalien en om die storie van die begin tot die einde te voer. Ek dink dit pas by Ami. Joernalist­iek is ’n spansport, maar dis ook ’n baie individuel­e werk. Jy is so goed of sleg soos jy besluit om te wees . . . hoeveel ure jy besluit om te werk.

Ek wou hom aaklig maak. ’n Deel van hoe Ami hom behandel, gaan oor die objektiwit­eit waarna joernalist­e moet streef. Sy het ook al ’n paar lesse geleer. Sy weet alles wat die media oor haar as swemmer geskryf het, is nie naastenby die waarheid nie. Sy weet hoe dit voel as iemand nie objektief oor jou skryf nie. Ek kon dit by haar inbou, dat sy daarop aandring om vir almal ’n kans te gee, want mense is nie soos wat hulle lyk nie.

 ?? Irma Venter ??
Irma Venter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa