Sarie

CARRIE SE EFFEK TERUG?

-

Hulle noem dit die Sex and the City-effek . . . die verkope van ontwerpers­koene en -klere wat die hoogte ingeskiet het nadat mode-ikoon Carrie Bradshaw (gespeel deur aktrise Sarah Jessica Parker) dit in dié TV-reeks oor die avonture van vier vriendinne in die Groot Appel gedra het. Dis tussen 1998 en 2004 uitgesaai. Nou hoop modemense die opvolgreek­s, And Just Like That . . ., laat dié koopgier wéér posvat. Dis sedert 13 Desember op DStvkanaal 101 te sien, met baie nuwe uitrusting­s én vintage-items, soos Carrie se blou satyn-Manolo Blahniks uit die 2008-fliek.

Bron: The Guardian

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa