Sarie

VELSORG VAN JAPAN

-

Hialuronsu­ur is ’n stof wat water soos ’n magneet aantrek en stoor. Só help dit om jou velwand te versterk en jou vel op te plomp sodat dit soepel, sag en jonk lyk. Dis ook die ster-bestanddee­l in die Japanse velsorgree­ks Hada Labo Tokyo, wat pas in SA bekend gestel is. Danksy ’n spesiale mengsel van drie tipes hialuronsu­ur-molekules dring die produkte jou vel diep binne vir ’n stralende gelaat. Beskikbaar by Clicks. – Monica van der Walt

Het jy geweet?

Die Super Hydrator Lotion (R320) van Hada Labo Tokyo is een van die topverkope­r-velsorgpro­dukte in Japan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa