Sarie

WAT ander OOR PIET KWYTRAAK

-

My pa was nog altyd ’n inspirasie. Hy het ons geleer hoe om krities te dink en avontuurli­k te wees. Ek is elke dag dankbaar dat ek iemand het waarop ek 24/7 kan staatmaak.

LAZELLE CROUCAMP, DOGTER

My pa was die brug tussen my naïwiteit oor die wêreld buite en my wilskrag om die lewe uit te daag. Hy is meer as ’n pa, hy is my steunkrag.

SCHALK CROUCAMP, SEUN

Ek en Piet het in 1994 in Windhoek ontmoet. Ons was in dieselfde denkkraal: kwaad vir PW, apartheida­bsurditeit­e en die Bosoorlog. “Andersdenk­ende” was ’n kompliment. Ons het saam geboer en saam getoer . . . in die VSA ’n pienk Ford gekoop en op die maat van die Traveling Wilburys van San Francisco na New York gery en dit op die JFK-lughawe se VIP-parkering gelos. WOUTER VAN ZIJL, NAMIBIESE VRIEND

Ek en Piet het derduisend­e kilometers in mekaar se geselskap deurgebrin­g en unieke ervarings gedeel. Met sy besonderse skryftalen­t en woordvaard­igheid kon hy ’n kommentaar-artikel tussen Ceres en Kaapstad met sy duime op ’n selfoon uitkap én die spertyd haal. Hy is kompleks: Ons het eenmaal van Johannesbu­rg tot in die Oos-Kaap gery sonder dat hy gepraat het. Die wag voor sy mond is dikwels op awol, maar hy is byna altyd spyt. Hy is lief vir lekker eet en verorber ’n bak turksvye manalleen. Hy hou nie van alkohol nie en kuier ’n aand om met een bier. Hy is ’n ateïs, maar dra Bybelpassa­sies met vers en kapittel voor. Piet het ’n goeie sangstem, op pad het ons psalms en gesange gesing. Die boere het baie van Piet gehou en snags tot laat met hom gesels oor godsdiens, maar veral landsake. WYNAND DREYER, REGISSEUR VAN MEGABOERE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa