Sarie

MOTSEPE IS AS VOORSITTER NOU BY THE EARLY CARE FOUNDATION BETROKKE

-

Hulle werk in die sektor vroeëkinde­rontwikkel­ing om vroue in informele nedersetti­ngs te help om geakkredit­eerde kleutersko­le en speelgroep­ies te stig – met ’n sukseskoer­s van 98%.

“Ek het destyds besef daar’s soveel onwettige private kleutersko­le,” verduideli­k Motsepe. “Ons help nou hierdie vroue dat hulle aan die vereistes voldoen om te kan registreer. Wanneer hulle die nodige kursusse voltooi – hulle leer hoe om goed na jong kinders om te sien – kry hulle ook finansieri­ng by die departemen­t van maatskapli­ke werk.”

Die stigting se harde werk het verskeie voordele: Nie net bemagtig dit dié vroue om sake-eienaars te word nie, dit skep ook ’n beter omgewing vir die peuters en kleuters wat die skole bywoon.

“Die eerste jare van ’n kind se lewe is die belangriks­te wat opvoeding betref,” sê Motsepe. “Ons help dat hul omgewing veilig is en hulle gestimulee­r word, sodat hulle nie hul skoolloopb­aan op die agtervoet begin nie.”

Lees meer: earlycaref­oundation.org

 ?? ??
 ?? FOTO’S GREEN PLANET PRODUCTION­S ?? Joernalis en eNuus-leser Daniëlla van Heerden en dr. Tshepo Motsepe.
FOTO’S GREEN PLANET PRODUCTION­S Joernalis en eNuus-leser Daniëlla van Heerden en dr. Tshepo Motsepe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa