Sarie

SONDIGE PLESIER

-

Die Asteke het sjokolade as ’n koninklike seksstimul­eermiddel beskou. Die Majas, weer, het dit met hul vrugbaarhe­idsgod vereenselw­ig. In Spanje is dit lank beskou as ’n drankie wat onkuise begeertes in jou aanwakker. Net die ryk mense kon dit bekostig en baie priesters het dit as die duiwel se doepa beskou.

In Chocolat, Joanne Harris se ongewone, boeiende sprokie oor sjokolade, word die plegtighei­d van die kerk teenoor die sondige plesier van ’n sjokolade-truffel gestel. Sjokolade is ’n versoeking, want dit verlei jou, weg van die onthouding van vleeslike dinge wat die kerk voorstaan. Maar dis ook bevrydend, want die genot daarvan help jou ontspan en om net jouself te wees.

Nou ja, hier is die wetenskapl­ike feite. Sjokolade bevat die chemikalie­ë fenieletie­lamien en serotonien, wat jou goed laat voel en ligte seksuele stimulante is. Maar die eienskappe wat jou ’n groter seksuele aptyt gee, gaan dalk meer oor die sensuele plesier daarvan.

Sjokolade stel nooit teleur nie. Kaas? Dit kan sleg ruik, al smaak dit ook hoe lekker. Koffie? Dit ruik altyd hemels, maar soms is jy teleurgest­eld as jy daaraan teug. Met sjokolade vul geur en smaak mekaar aan. Sjokolade is vir mans én vroue lekker, maar vroue se uitstekend­e reuksin beteken dat hulle soveel meer genot daaruit put.

Bronne: BBC.com, webmd.com

KONTAK

Mariza van Zyl: bettereat.co.za,

Facebook: bettereat, Instagram: bettereat.betereet

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa