Sarie

GÓÉD VIR JOU

-

1 KAKAOBOTTE­R (in donkersjok­olade met 75% of meer kakao) is ryk aan ’n sekere vet, steariensu­ur. Jou liggaam absorbeer dit nie juis nie en dit kan dus nie jou cholestero­l verhoog nie. Kakaobotte­r het boonop van dieselfde soort vet as olyfolie wat jou cholestero­lvlakke in toom hou.

2 Hoe DONKERDER die sjokolade, hoe meer antioksida­nte bevat dit. Antioksida­nte het baie gesondheid­svoordele. Só kan dit die “goeie” cholestero­l in jou liggaam verhoog. Dit is ook belangrik vir ’n sterk immuunstel­sel en kan selfs ’n rol speel by ’n mooi vel.

3 Studies wys kakao (in goeie sjokolade met 60-70% of meer daarvan) bevat plantstoww­e wat help om jou BLOEDDRUK te verlaag. Dit kan ook INSULIENSE­NSITIWITEI­T (as jy insulienwe­erstandig is) en die gebruik van glukose (belangrik om jou gewig in toom te hou) in jou liggaam verbeter.

4 Hoe minder kakao jou lekkerny bevat, hoe minder gesond is dit. Wees op jou hoede: Sekere produkte het so min as 5% KAKAO . Die res is plantvette, suiker, melk en ander geurmiddel­s.

5 Hou MATIGHEID voor oë en geniet sjokolade in die plek van ander suikerbron­ne. Die mikpunt vir jou totale suikerinna­me – dus van alle bronne – is 3-6 teelepels per dag. Nog bronne wat “soet” proe, maar minder suiker per teelepel bevat, is heuning wat soeter as tafelsuike­r is, so minder is nodig, agawe-suiker, en vrugtepulp en -puree.

6 Navorsing stel die gesondheid­swaarde van donkersjok­olade met 85% KAKAO gelyk aan vrugte s’n. ’n Blokkie ’n dag is dus góéd vir jou. Bron: Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van BeterEet, ’n aanlyn praktyk

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa