Sarie

Heerlik in PARFUUM

-

Parfuum met ’n sjokoladen­oot is gewoonlik redelik kompleks. Dit hoef nie noodwendig soet te wees nie, maar almal het een ding gemeen: Dit ruik baie lekker in koue weer. Nie altyd só op warm dae nie, volgens Fragrantic­a (fragrantic­a.com), ’n aanlyn ensikloped­ie van parfuums. Black Orchid is ontwerper Tom Ford se sensuele geur van denkbeeldi­ge swart orgideë, blomme soos jasmyn en ilang-ilang, speserye, sjokolade, balsem en swart truffel. Fantasy van pop-prinses Britney Spears se Swarovski-kristalbed­ekte pienk bottel is ’n voorspel van die supervroul­ike note binne-in en hart van syagtige witsjokola­de. Daar is verskeie ander, dalk ook een vir jóú.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa