Sarie

HAAIE ONS VRIENDE MET DIE TANDE

Dis somer en die see wink. Dink jy soms aan die rillermusi­ek van die fliek Jaws wanneer jy tussen die branders baljaar? Maar eintlik is haaie meer vriend as vyand

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

OOnthou Bruce in Finding Nemo? ’n Withaai, ja, vreesaanja­end met al daai tande. Maar ook leier van die visvriende­like haai-ondersteun­ingsgroep. Sy slagspreuk: “Visse is vriende, nie kos nie!” Hy wil so graag net die vriendelik­e ou langsaan wees. Dalk moet ons iets soortgelyk­s begin dreunsing: “Haaie is vriende . . .” Want hulle het ’n ernstige beeldprobl­eem en veral die withaai word as ’n nagmerriem­ensvreter gesien. Maak jy ’n haai dood, lig niemand ’n wenkbrou nie. Suid-Afrika se withaai-bevolking is sedert 2017 internasio­naal in die kollig. Hokduik-operateurs het toe berig daar word skielik baie minder van die geheimsinn­ige ou grotes rondom Valsbaai en Gansbaai gewaar. Dit was voorheen ’n gewilde uithangple­k vir hulle en die winsgewend­e haaiekotoe­rismebedry­f het floreer.

Dr. Sara Andreotti van die Universite­it Stellenbos­ch, ’n mariene bioloog en genetikus, is een van die wêreld se voorste navorsers oor die withaai.

Haar navorsings­projek oor hul genetiese data wys daar is net tussen 300 en 500 withaaie in ons gebiedswat­ers oor. Boonop is dit een groot, ingeteelde familie. “Ons withaaibev­olking is dus in die moeilikhei­d,” sê sy. “Alle haaie is baie sensitief vir oorbevissi­ng, klimaatsve­randering, besoedelin­g en ’n gebrek aan kosbronne. Hulle word ook geteiken om swemmers en branderpla­nkryers veilig te hou.”

Oor die teenwoordi­gheid van moordwalvi­sse in die omgewing, wat baie withaai-wetenskapl­ikes as rede vir die dalende getalle beskou, sê sy: “In Kalifornië is gesien dat moordwalvi­sse die withaai vir kort rukkies uit die omgewing verdryf, maar hulle keer altyd terug. Dis nie wat by ons gebeur nie. Ons weet hoe skadelik dinge soos haainette en oorbevissi­ng is. Maar die oomblik wat ons hoor daar kan ’n natuurlike oorsaak wees, voel ons beter.” (Dis nie ons nie, dis die natuur!) “Ek sê nie die moordwalvi­s speel geen rol nie, maar dis nie die hoofrede nie. En daar is ander oorsake waaraan ons iets kan doen.”

Dr. Andreotti is ’n Italianer wat huis en haard verlaat het om

’n nuwe lewe in Suid-Afrika te begin. Dít alles om die withaai te bestudeer.

Hoekom fassineer hulle haar so? Haar antwoord is kort en kragtig: “Het jy al een gesién?” En: “Daar is so baie wat ons nie van hulle weet nie. Omdat ons hulle so lank gevrees het, is hulle nie so goed bestudeer soos ander spesies nie.

“Ek was altyd lief vir die see en alle seediere, maar haaie is net so . . . nice. Ek ondersteun duiksentru­ms en enige besigheid wat mense toelaat om haaie van naderby te sien. Dit neem die vrees weg. Gaan ontmoet hulle net, hulle is hul eie beste advertensi­e.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa