Sarie

’N Lekker HAPPIE

-

Haaie val mense selde aan, ondanks hul vreesaanja­ende reputasie. Net sowat ’n dosyn van die nagenoeg 300 spesies was al betrokke by aanvalle op mense. Hulle het miljoene jare voor ons ontwikkel en ons is eenvoudig nie deel van hul dieet nie. Bygesê, hulle sal enigiets eet. Daar is al dinge soos bande, nommerplat­e, ’n pelsjas, hoenderhok en selfs ’n hele wapenrusti­ng in hul maag gevind! Hulle is opportunis­tiese eters, maar die meeste leef hoofsaakli­k van kleiner visse en ongewerwel­des. Van die groter spesies eet robbe, seeleeus en ander see-soogdiere. Dis bekend dat haaie mense aanval as hulle verward of nuuskierig is. As ’n haai jou in die water sien skop, kan hy ondersoek kom instel en jy gaan tweede kom. Tog het haaie meer van ons te vrees as omgekeerd. Ons jag haaie onder meer vir hul vleis, inwendige organe, vel en vinne vir produkte soos haaivinsop, smeermidde­ls en leer. Bron: oceanservi­ce.noaa.gov

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa