Sarie

BESKERM MENS – EN HAAI

-

“Haaiman” en omgewingsb­ewaarder Mike Rutzen het agtergekom haaie hou nie daarvan om digte kelpwoude binne te gaan nie. In die Oscarbekro­onde dokkie My Octopus Teacher sien ons hoe onse seekat vir ’n haai daar wegkruip. Ook onder meer pelsrobbe beskerm hulself só teen haaie. Mike en ’n span Suid-Afrikaanse kundiges het saamgespan om een van die wêreld se eerste ekovriende­like maniere te skep om haaie van swemmers af weg te hou. Aan die KwaZulu-Natalse kus word duisende haaie elke jaar doodgemaak deur haainette en hoeke met aas aan (baited hooks). En in die proses ook dolfyne, walvisse, skilpaaie, ens.

Die SharkSafe Barrier boots ’n kelpwoud na. Dit bestaan uit lang, buigbare buise met magnete wat ’n konstante magnetiese veld vorm, waarvoor haaie baie sensitief is. Dit oorweldig ’n sintuig wat hulle toelaat om magnetiese velde in die water te voel en waarmee hulle onder meer hul pad vind. Dié kombinasie van die magnetiese veld en gesimuleer­de kelpwoud was in studies baie doeltreffe­nd om wit- en zambesihaa­ie van aas weg te hou. Daar is wêreldwyd belangstel­ling daarin, sê dr. Andreotti, een van die uitvinders. Daar word ook geld ingesamel sodat dit plaaslik geïnstalle­er kan word. Om geld te skenk, of meer uit te vind, besoek sharksafes­olution.com.

Die see is meestal ’n speelplek vir ons, die haaie léwe daar. En hulle is noodsaakli­ker vir die see se ekostelsel as ons

– Dewet du Toit, Stellenbos­se bewaringsg­esinde. Hy was onlangs die eerste mens wat na Dyereiland en terug (7,7 km) geswem het. Dit sou 15 jaar gelede as selfdood beskou gewees het – daardie seegebied het toe gewemel van haaie. Nie meer nie. (Besoek Facebook: The Last Shark Documentar­y)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa