Sarie

HAAI- ambassadeu­rs

-

“Dis eintlik ’n wonderwerk.” ’n Seun van so tien by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad se Red ons seë-haai-uitstallin­g. Die akwarium het in 1995 met ’n program begin om ’n bewustheid van haaie se benarde posisie te skep. Dit was ná die vrylating van Maxine, ’n lywige skeurtandh­aai van 190 kg. Ses maande later, toe haar merker ophou uitsaai, het sy reeds 600 km afgelê. Die voorafgaan­de agt jaar het sy die I&J-roofdierui­tstalling by die akwarium gepatrolle­er. ’n Fyn letsel agter haar kieue was die enigste teken van die haainette waarin sy voor haar gevangensk­ap aan die KwaZulu-Natalse kus verstrik geraak het. Net sowat 40% van skeurtandh­aaie oorleef dit. Nog meer word jaarliks deur vissermann­e van kant gemaak. ’n Nuutjie by die akwarium is Shark Alley, waar jy meer kan uitvind oor haaie se geheimsinn­ige gedrag en eienaardig­hede. Ook hoe ons dié unieke eienskappe uitbuit – wat baie haaispesie­s tot op die rand van uitwissing gebring het. “Shark Alley se boodskap is eenvoudig: Ignoreer die haaie se lot en die mariene ekostelsel, ons lewensonde­rsteunings­telsel, kan ineenstort, sê Renée Leeuwner, die akwarium se bestuurder: kommunikas­ie en media.

Besoek aquarium.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa