Sarie

Só SÊ JY DIT

-

KORT EN KRAGTIG. Nie ’n lang preek nie. Laat blyk net die aanmerking of optrede is nie oukei nie. ’n Studie wat reaksies op homofobies­e aanmerking­s in die werkplek ondersoek het, het bevind die doeltreffe­ndste soort konfrontas­ie is kalm maar direk: “Haai, dis nie cool nie.” ’n Soortgelyk­e benadering kan vir byna enige onaanvaarb­are gedrag gebruik word.

TREK DIE ANDER OU SE SKOENE AAN Probeer die wêreld vanuit iemand anders se perspektie­f sien, dan is dit makliker om te praat en die gevolge te dra. Sommige mense is van nature meer empaties, maar ons kan almal meer empatie kweek. Per slot van sake, as jy geboelie of seksueel aangerand word, sal jy nie wil hê iemand moet vir jou opstaan nie?

IS DIT ’N GRAPPIE? Maak of jy dink ’n aanmerking was sarkasties, of as ’n grap bedoel. Iemand spreek hom uit oor vroulike politici en jy sê: “Ek weet jy maak net ’n grap, maar sommige mense dink regtig vroue is te emosioneel om president te wees.” Só maak jy duidelik jy stem nie saam nie, maar sonder dat hy voel jy konfrontee­r hom.

MAAK DIE ONGEMAK OOR JOU, NIE HOM NIE Verduideli­k jou reaksie op ’n onsensitie­we aanmerking met ’n persoonlik­e verbinteni­s. “’n Goeie vriendin is op hoërskool seksueel aangerand, so grappies oor verkragtin­g maak my ongemaklik.” Weer eens maak jy dit duidelik waar jy staan, maar sonder om hom op die agtervoet te plaas. Verwerk uit: Why We Act

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa