Sarie

SÓ KIES JY parfuum VIR JOU TROUE

Die nuwe jaar lê uitgestrek voor ons, met nuwe geleenthed­e, tendense en avonture om elke hoek en draai. Hier is inspirasie uit die wêreld van mode, skoonheid en kos, en ’n paar bekendes deel hul styl

- DEUR MONICA VAN DER WALT FOTO UNSPLASH/ANNA VI

Trou jy vanjaar? Onthou, ligter, varser geure is altyd ’n goeie keuse. Maak dit onvergeetl­ik deur ’n geur te kies wat inskakel by die omgewing waarin jy trou – of dit nou op die strand, in ’n tuin, ’n woud of die stad is. Die meeste parfuums is ryk aan blomnote. In kombinasie met note soos vanielje, suurlemoen of mimosa gee dit ’n unieke karakter aan ’n parfuum, wat dit die perfekte pasmaat kan maak vir die plek waar jy trou.

WATERGEURE

VIR DIE STRAND

Vang die vars, koel atmosfeer van ’n strandtrou­e vas met ’n parfuum met waternote. Hierdie kategorie geure is lig en daarom kan jy dit gereeld aanspuit sodat jy heeldag in ’n wolk van varsheid gehul is. Ander note wat herinner aan son, see en saffier is dié wat ’n eilandgevo­el skep, soos ilang-ilang, jasmyn en bamboes. PROBEER 1. Dolce

& Gabbana Light Blue of Versace Dylan Turquoise

SENSUELE GEURE

VIR DIE STAD

’n Troue in die stad ontlok ’n gevoel van misterie. Daarom is ’n effens swaarder, sensuele geur gepas. Wees op die uitkyk vir ’n parfuum met note soos agarhout en amber. Vanielje sal ook altyd ’n wenner wees. Vir baie van ons is dit een van die eerste geure waarmee ons kennis maak, en daarom is dit gerusstell­end en warm. PROBEER 2. YSL Black Opium

Extreme of Azzaro Wanted Girl By Night

SAGTE BLOMGEURE UIT ’N TUIN

Wie hou nie van blomgeure nie? Om die perfekte een vir jou groot dag te kies, put inspirasie uit die blomme in jou ruiker en in die tuin waar jy beplan om te trou. Die kans is goed daar gaan rose wees. ’n Roos is die “koningin van blomme” en skep ’n romantiese gevoel.

Ander gewilde blomnote is jasmyn, pinksterro­os en soetemalin­g. PROBEER

3. Chanel No. 5 of Gucci Bloom Ambriosia di Fiori

SPRANKELEN­D EN VARS VIR DIE WOUD

Groen geure is vars en lig en jy kan dit heeldag lank aanspuit. Note soos komkommer en mimosa sal die aardse, natuurlike atmosfeer van ’n woud perfek vasvang. ’n Sitrusgeur sal ook goed werk vir ’n woudtroue of selfs as jy beplan om die ja-woord in die Bosveld te gee. Sprankelen­de note soos suurlemoen, lemmetjie, pomelo en lemoenbloe­isel skep ’n feestelike gevoel, nes vonkelwyn en ’n tafel wat spierwit gedek is. PROBEER 4. Elizabeth Arden White Tea Ginger Lily of Chanel Chance Eau Fraîche

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa