Sarie

VOLGENS JOU gesigvorm

-

Vierkantig

Jy het ’n prominente voorkop en sterk kaak, en jou voorkop en wangbene is ewe of byna ewe breed. BEKENDES MET DIÉ GESIGVORM: Olivia Wilde, Sandra Bullock en Gwyneth Paltrow.

WEES OP DIE UITKYK VIR:

’n Ronder of ovaalvormi­ge raam word aanbeveel vir balans. Dit gee ’n sagter voorkoms aan die sterk, vierkantig­e lyne. ’n Fyner raam is ook ’n beter keuse, en ’n kleurraam vat die fokus weg van die gesigstruk­tuur.

Rond

Jou gesig is min of meer ewe breed as lank, maar effens smaller by jou voorkop en kaak. BEKENDES MET DIÉ GESIGVORM: Kate Moss, Emma Stone en Mila Kunis.

WEES OP DIE UITKYK VIR:

’n Vierkantig­e of reghoekige raam. ’n Reghoekige raam “breek” jou gesigvorm en laat dit langer en dunner voorkom. ’n Vierkantig­e een gee struktuur aan jou gesig en komplement­eer die vorm. Kies rame met uitspattig­e lyne en maak seker dat die onderste deel van jou raam net bo jou wangbene lê. Rame soos die katoog en wayfarer word ook aanbeveel.

Hartvormig

Jou voorkop is breed, jy het ’n dun, spits ken en hoë wangbene.

BEKENDES MET DIE GESIGVORM: Jennifer Aniston, Reese Witherspoo­n en Scarlett Johansson.

WEES OP DIE UITKYK VIR:

Wayfarer- en katoog-rame. Die geheim is om seker te maak dat die raam ’n bietjie breër as jou voorkop is. Rame wat op die onderste deel meer detail het, word ook aanbeveel (bottom-heavy frames). Ook rame met arms wat laer sit (low-set temples), veral as jy baie bewus is van jou voorkop en die aandag op die onderste deel van jou gesig wil hê. ’n Ovaalvormi­ge raam beklemtoon jou oë as jy ’n skerp ken het.

Ovaalvormi­g

Jou gesig is langer as wat dit breed is. BEKENDES MET DIE GESIGVORM: Jessica Alba, Cate Blanchett, Kendall Jenner en Taylor Swift.

WEES OP DIE UITKYK VIR:

Oorgroot brille. Jy kan speel met vierkantig­e, reghoekige en geometries­e raamvorms. Of kies iets uitspattig­s wat by jou styl pas – soos kleure of teksture. Daar is min style wat nie by dié gesigvorm pas nie.

 ?? ?? 1. Ronde, deurskynen­de blou raam (R1 280), Bril 2. Ovaalvormi­ge raam met kunsstene versier (R2 500), UniqueMe by Spectacle World 3. Goue vlieëniers­tyl raam (R2 000), Vogue x MBB by Luxottica
1. Ronde, deurskynen­de blou raam (R1 280), Bril 2. Ovaalvormi­ge raam met kunsstene versier (R2 500), UniqueMe by Spectacle World 3. Goue vlieëniers­tyl raam (R2 000), Vogue x MBB by Luxottica
 ?? ?? 4. Donkerpien­k katoog-raam (R1 600), Vogue by Luxottica 5. Wayfarer-styl raam (R2 600), Persol by Luxottica 6. Reghoekige vlieëniers­tyl raam (R1 750), Vogue by Luxottica
4. Donkerpien­k katoog-raam (R1 600), Vogue by Luxottica 5. Wayfarer-styl raam (R2 600), Persol by Luxottica 6. Reghoekige vlieëniers­tyl raam (R1 750), Vogue by Luxottica
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? KIES UIT:
KIES UIT:
 ?? ??
 ?? ?? 10. Swart katoog-raam met wit en goud versier (R2 500, ketting uitgesluit), UniqueMe by Spectacle World 11. Oorgroot deurskynen­de katoog-raam (R2 300), Bril 12. Olyfgroen katoog-raam (R1 900), Vogue by Luxottica
10. Swart katoog-raam met wit en goud versier (R2 500, ketting uitgesluit), UniqueMe by Spectacle World 11. Oorgroot deurskynen­de katoog-raam (R2 300), Bril 12. Olyfgroen katoog-raam (R1 900), Vogue by Luxottica
 ?? ?? 7. Deurskynen­de grys wayfarer-raam (R1 900), Vogue by Luxottica 8. Vlootblou katoog-raam (R1 280), Bril 9. Skilpaddop­motief-raam met turkoois aksente (R2 500), UniqueMe by Spectacle World
7. Deurskynen­de grys wayfarer-raam (R1 900), Vogue by Luxottica 8. Vlootblou katoog-raam (R1 280), Bril 9. Skilpaddop­motief-raam met turkoois aksente (R2 500), UniqueMe by Spectacle World
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa