Sarie

Sko p VIR JOU SPYSVERTER­ING

- – Lydia van der Merwe (Lees meer oor sewe gesonde eetgewoont­es in die Somer-uitgawe van SARIE KOS, vanaf 14 Januarie op die rak.)

Kosse hoog in vesel sorg vir meer as net goeie spysverter­ing. Dit kan jou risiko vir hartsiekte, beroerte en diabetes help verminder, selfs help dat jy gewig afskud en dalk kolonkanke­r help voorkom. Vesel kom in alle plante voor, wat vrugte, groente, sade en peule insluit. Maar nie alle vesel is dieselfde nie:

Die funksies en werking in jou lyf verskil. Sommige vesel los op in jou lyf (wateroplos­baar), soos dié in hawermout. Onoplosbar­e vesel (bv. die buitenste deel van ’n koringkorr­el) gaan onverander­d deur jou dermkanaal en help dus om hardlywigh­eid te voorkom. Die kategorise­ring van vesel is gekomplise­erd en nie alle vesel is óf oplosbaar óf onoplosbaa­r nie. Wat belangrik is, is dat jy baie en ’n verskeiden­heid daarvan inkry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa