Sarie

HAWERMOUT-EN-SJOKOLADEK­OEKIES

-

Ek het dié resep by die bekende Knysna-bakkery île de païn leer maak. Gebruik goeie sjokolade met ’n hoë kakao-inhoud. genoeg vir 20 220 g (240 ml) botter 260 g (325 ml) bruinsuike­r 2 eiers 340 g (950 ml) hawermoutv­lokkies

220 g (380 ml) koekmeel 200 g donkersjok­olade, in growwe splinters gekap 5 ml sout

Verhit oond tot 160 °C. Klits botter en bruinsuike­r tot lig en romerig. Breek eiers een vir een by en meng elke keer goed. Vou res van bestanddel­e om die beurt by en meng. Voer twee bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Skep met ’n roomyslepe­l balle vol van die deeg ver genoeg uit mekaar op die bakplate om met jou palm tot 1 cm dik plat te druk. Bak vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

(bl. 83) Een van my gunsteling­e om te maak – dis vol smaak en gesonde geure. genoeg vir 1 brood

VIR DIE PAP

50 g growwe hawermout 100 ml water

30 ml heuning

20 ml olyfolie

BROOD

10 g sout

10 g-sakkie kitsgis

250 ml louwarm water

200 g (360 ml) volgraanme­el 140 g (250 ml) witbroodme­el

Pap Plaas al die bestanddel­e vir die pap in ’n klein pot en roer oor lae hitte tot dit begin kook. Laat kook vir 5 minute. Skep pap in ’n middelslag­mengbak en laat afkoel. Brood Voeg sout, gis en water by afgekoelde pap. Voeg volgraanme­el by en meng deur met ’n houtlepel. Voeg nou genoeg broodmeel by om ’n stywe, kniebare deeg te vorm en knie tot glad. Smeer ’n skoon bak met sonneblomo­lie, plaas deegbal in bak en maak toe met kleefplast­iek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume, sowat 40 minute. Spuit ’n broodpan van 15 x 20 cm met kleefweren­de kossproei. Knie deeg af en vorm in ’n langwerpig­e brood. Druk deeg in pan vas, bedek pan met kleefplast­iek en laat rys deeg weer tot dubbel die volume, sowat 20 minute. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Bak uitgerysde brood vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sit voor met botter.

 ?? ?? Hawermout-ensjokolad­ekoekies
Hawermout-ensjokolad­ekoekies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa