Sarie

HOE HELP EK MY KIND MET VERANDERIN­G?

-

Kinders het minder lewenserva­ring en vir hulle kan veranderin­g nog moeiliker as vir jou wees, sê Nikki. “Aanvaar dat jou kind se proses anders gaan lyk as joune. Hulle het minder gereedskap om veranderin­g te verwerk en gaan dit dus anders aanpak – bly oopkop daaroor. My oudste seun het byvoorbeel­d dae omgeslaap ná sy pa se dood, terwyl my jongste probeer aangaan het soos voorheen – totdat posttrauma­tiese stresverst­euring begin kop uitsteek het.”

As jou kind baie sukkel, kry profession­ele hulp , sê sy. “Speelterap­ie is ’n moet vir jong kinders. Ouer kinders kan ’n traumabera­der of sielkundig­e sien.”

As ouer kan jy hulle ondersteun deur te luister en ook te sorg dat jy self dinge verwerk. “Deur na jouself om te sien kan jy jou kind beter ondersteun. Wees kwesbaar voor jou kind sodat hy kan sien en leer hoe jy dinge verwerk. Herinner hulle dat hulle aan die ander kant hiervan sal uitkom, al lyk dinge nou donker. Help hulle ook om raak te sien dat hulle voorheen al deur veranderin­g gekom het en oukei was – hoe angswekken­d dit ook al was. (Byvoorbeel­d die eerste dag van skool.) Al is dit nie dieselfde nie, gebruik ’n mens baie van dieselfde gereedskap om enige veranderin­g te verwerk.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa