Sarie

Kyk-en-koopdinge

Wat is nuut, wat is anders? Kyk bietjie, dalk is hier ’n kopie

-

Elegant en ekovriende­lik

Hierdie luukse kandelaar van K. Light is gemaak van kroonglas en skep ’n gevoel van weelderigh­eid en styl, veral met die unieke geëlektrop­lateerde goue kleur. Die moderne, modieuse kandelaar het LED-lampies, wat die glas selfs helderder laat vertoon. Dit gebruik ook baie minder krag as ’n tradisione­le kandelaar en is dus ekovriende­lik. Besoek klight.co.za vir meer inligting.

Perfekte vakmanskap

Clover Elite Cheese is in ’n groot verskeiden­heid beskikbaar, wat insluit natuurlike en geprosesse­erde kase, asook feta. Maar almal het een ding gemeen: Dit is heerlik! Geure sluit in Gouda, Cheddar en Tussers™. Al Clover se kase gaan ook deur ’n outentieke vyfstap-produksiep­roses om seker te maak dit voldoen aan die Eliteverei­stes vir gehalte, smaak en tekstuur. Beskikbaar by uitsoekkle­inhandelaa­rs landwyd.

Bederf jouself met ’n sysagte serum

Varser, gladder, jonger vel – dís waarna jy kan uitsien met die African Extracts-serum wat dubbele skofte insit vir jou gesig en die sakkies onder jou oë. Dit verminder pofferighe­id en donker kringe. Met plantsel-tegnologie, ’n spesiale suur en verheldere­nde vitamien C, is daar klinies bewys dat die formule plooie binne so min as 28 dae teenwerk. Beskikbaar teen R280 by Dis-Chem, Clicks en Takealot.

Kyk net daai oë

’n Ryk, romerige formule wat swart maskara en ’n basislaag (primer) kombineer vir ’n betroubare wimperverr­ykingserum van RapidLash®. Vir die beste resultate, gebruik RapidGlam™ se Eyelash Enhancing Mascserum gedurende die dag en RapidLash® Eyelash Enhancing Serum gedurende die nag. Die unieke kombinasie van die twee help om die voorkoms van jou wimpers te verander sodat jou oë binne ses weke die koppe sal laat draai.

Kook met trots

Clover Olive Pride se ekstrasuiw­er olyfolie (750 ml) is propvol geur, wat dit perfek maak om oor enige gereg te drup, terwyl die 1 literversn­it waarin saadolie en ekstrasuiw­er olyfolie gemeng is, ideaal is vir braai, rooster, kook en bak. Die Pride

Fat Spread van 500 g is ’n heerlike vetsmeer wat ryk is aan omega 3 en is gemaak van ekstrasuiw­er olyfolie.

Kruiehulp vir vroueprobl­eme

Die Salome-reeks help vroue met oplossings vir onder meer die bestuur van algemene simptome wat verband hou met polisistie­se ovariële sindroom. Dit gee hulle ook natuurlike opsies vir probleme soos menstruele pyn, erge menstruele bloeding, PMS en menopousal­e simptome. Te kry by 3Sixtybiom­edicine. co.za, Takealot of uitsoek-apteke landwyd.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa