Sarie

Danica Gouws, SARIE-leser van Kaapstad

-

Circus of Wonders, Elizabeth Macneal (Picador, R330)

Dis die Victoriaan­se era en op elke dorp staan die mense tou vir ’n skouspel van sirkusvert­onings en grillerige uitstallin­gs.

’n Jong meisie, Nell, met geboorteme­rke wat haar vel oortrek, word aan Jasper Jupiter’s Circus of Wonders verkoop. Sy word deel van die reisende geselskap en is gou die ster. Vir die eerste keer in haar lewe voel sy sy hoort iewers.

Jasper is egter nie bereid om die kollig met haar te deel nie, hy is immers die sirkusmees­ter. Hy spartel om sy mag en aansien te behou, maar toe hy uitvind sy broer en enigste vertroueli­ng, Toby, is verlief op Nell, is dit die laaste strooi.

Sal Toby tussen

Jasper en Nell kan kies, en waartoe is Nell alles in staat om te keer dat iemand haar nuwe lewe verwoes?

Dis ’n meesleuren­de verhaal van jaloesie, mag en lojaliteit wat die verbeeldin­g aangryp.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa