Sarie

As jy vreemdes liefkry . . .

Of hulle wil of nie, mense vorm emosionele verbinteni­sse met mekaar. Dis in die aard van menswees

- Wilna Adriaanse

In Wilna Adriaanse se nuwe roman, Vlug (Tafelberg, R320), wonder die hoofkarakt­er, Milla Roux, “hoe dit moontlik is om vreemdes so lief te kry asof julle bloed van mekaar is”. Dié veearts smee onwillekeu­rig bande met die mense by die rehabilita­siesentrum vir sjimpansee­s in die Demokratie­se Republiek van die Kongo. Vyf jaar tevore het sy ’n traumaties­e ervaring in Suid-Afrika beleef, en die pad gevat. Noordwaart­s, sonder ’n plan. Sy wou net wegkom van haar hartseer. By die rehabilita­siesentrum is sy onvoorwaar­delik aanvaar. Sonder dat sy wou, het sy emosioneel betrokke geraak by die sjimpansee­s en probeer nou deur haar werk ’n verskil maak aan die lot van dié bedreigde diere.

Die onstuimige politieke klimaat bemoeilik egter die taak. Toe die sentrum in die kruisvuur van regeringst­roepe en rebelle-organisasi­es beland, slaan sy weer op die vlug. Vergesel van dokter Graham Saunders van Dokters Sonder Grense wat toevallig by die sentrum was nadat hy sy basis moes ontruim. Hulle vlug per voertuig met drie klein sjimpansee-wesies.

Die verhaal raak temas aan van menseverho­udings, trauma, oorlewing en veral vlugteling­skap. Boeiend en aksiebelaa­i tot op die laaste bladsy. Boekeredak­teur Phyllis Green het per e-pos met Wilna gesels.

Wat was die vonk vir die verhaal?

Ek het nie altyd een nie. Soms meld ’n karakter stilweg aan, en gaan net nie weg nie. Milla was een van dié wat net haar opwagting gemaak het. Ek was nie heeltemal seker wat alles met haar gaan gebeur nie. Ek het net haar hartseer backstory geken. Wanneer jy van O.R. Tambo Botswana toe vlieg, deel jy ’n vertreksaa­l met passasiers na verskeie ander Afrika-bestemming­s. Dalk is Milla daar gebore, ek weet nie. Ek wonder dikwels oor ander passasiers, maak vir elkeen ’n storie op. Die titel, Vlug, dra swaar aan simboliek.

Die titel het eintlik outomaties saam met die inhoud gekom. Ek het die laaste klompie jare baie tyd in vliegtuie spandeer. Dis ’n manier van reis wat my nog altyd gefassinee­r het. Die blik op die wêreld, die verwyderin­g tussen jou en wat ook al daar onder aangaan.

Die feit dat jy net ’n vertrek- en aankomspun­t het. Die tussenin maak amper nie saak nie.

Dan op ’n dag ry jy die roete met ’n motor en beleef die landskappe. Jy sien huise, lowergroen landerye, droogte, bruinvaal dorpies met verwaarloo­sde kinders, vervalle strate. Jy beleef die wêreld in al sy fasette. In ’n voertuig is daar nog ’n mate van skeiding tussen jou en die wêreld om jou. Jy kan nie help om dan te wonder hoe dit voel om per voet te vlug nie. Dis interessan­t dat die woord vlug uiteenlope­nde betekeniss­e het. Waarom vlug Milla van alle plekke na die DRK en nie Europa nie?

My ervaring is dat jy ná ’n traumaties­e gebeurteni­s dikwels ’n tyd lank op ’n outomaties­e stelling funksionee­r. As sy na ’n Europese land toe gegaan het, sou dit beplanning verg, sy sou

oor haar toekoms moes besluit, dinge soos visumaanso­eke moes doen. Om klere in ’n kar te gooi en te ry verg nie baie beplanning nie. Dit impliseer eintlik eindelose moontlikhe­de. Met ’n voertuig kan jy omdraai ook, of met ’n ander roete terugkom. In die verhaal word dit duidelik dat sy nie met ’n plan gery het nie.

Hoe het jy jou navorsing aangepak?

Ek lees so wyd ek kan oor ’n plek.

Veral die laaste jare was ek bevoorreg om baie mense te kon ontmoet wat in Afrikaland­e werk of gewerk het. Ek’s ’n skaamtelos­e uitvraer en hoor dikwels interessan­te stories. Alles wat ek hoor, sien en ervaar, beland in ’n soort storieopga­ardam waaruit ek put terwyl ek skryf. Feite is belangrik, maar ek vind dat my emosie rondom die verhale wat ek hoor, ’n groot rol speel wanneer ’n storie gedaante kry. Waarom trek Milla haar die lot van die diere so intens aan?

Een karakter sê as jy eenkeer met empatie in ’n dier se oë gekyk het, kan jy nie weer wegstaan van hul pyn af nie. Omdat Botswana, waar ek woon, in ’n groot mate ’n bewaringsg­ebied is, kry jy hier meer dikwels te doen met mense wat ongeloofli­k toegewy is aan die bewaring van en hulp aan diere. Milla vertel vir Graham die ander het haar gewaarsku om nie té betrokke te raak nie, maar sy kon nie help nie. Haar eie verlies het waarskynli­k meegebring dat sy soveel empatie met die diere se swaarkry het.

SARIE.com

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa