Sarie

anders DOEN DIT

-

Is jou voornemens vir 2022 reeds vergete? Jy’t dalk nie jou doelwitte reg geformulee­r nie, sê Jonathan Alpert, skrywer van Be Fearless: Change

Your Life in 28 Days. Sy drie redes hoekom voornemens soms misluk:

1. Dis nie spesifiek genoeg nie. Dis makliker om weg te stap van ’n vae doelwit. Pleks van “oefen meer”, merk eerder ’n spesifieke 5 km-wedloop op jou kalender.

2. Jy fokus op die negatiewe. Verander bv. “hou op gemorskos eet” in ’n positiewe selfgespre­k, soos “eet meer wortelstok­kies”.

3. Jou voorneme is wat jy dink ánder van jou verwag. Stel eerder doelwitte vir jóú.

Bron: Business Insider

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa