Sarie

’N VIERING

VAN TWEEDE KANSE

-

Dit was ’n dag van liefde, vreugde, léwe, sê dr. Marlene le Roux, uitvoerend­e hoof van die Kunstekaap-teater, oor haar troue in Januarie met prof. Eduardus van der Borght van die Vrije Universite­it Amsterdam. ’n Dankseggin­g aan almal wat geliefdes verloor het en deur moeilike tye gaan. Haar ma is op Kersdag 2020 oorlede en Eddy het sy pa op Kersdag 2021 verloor. Hul vriendskap het mettertyd verdiep . . . voetjie vir voetjie, nadat “’n lig in haar afgeskakel is” toe haar serebraal gestremde seun, Adam, in 2017 oorlede is. Sy is ook daardie jaar geskei. Maar “die man met sy sagte oë” het stilletjie­s haar hart gesteel en sy het stadig haar lag begin terugkry. Haar Didi Couture-skepping “was meer as net ’n rok – dit was ’n liefdeskle­ed”, sê sy.

* Marlene, wat ook voorsitter van die Stigting vir Bemagtigin­g deur Afrikaans is, het in Desember ’n eredoktors­graad in opvoedkund­e van die US gekry.

 ?? FOTO IAN LANDSBERG ??
FOTO IAN LANDSBERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa