Sarie

WAARDEER WAT JY HET

-

Die artikel oor Liezel Stimie se verblyf in Noorweë (“E-pos uit Moss, Noorweë”, November/ Desember-SARIE) het my geboei. En veral daardie beeldskone foto van ’n winternag in Reine, binne die Noordpools­irkel.

Kan daar sulke plekke op aarde wees waar die nag só lyk? “O koud is die windjie en skraal”, het deur my gedagtes geflits . . .

En dit lyk my die omgewing het op die inwoners “afgegee”. Koud, afsydig, stil . . .

Hierdie artikel laat my opnuut waardeer wat ek het. En dat ek kon uitsien na ’n helder Somerkersf­ees onder die Suiderkrui­s!

Hanlie de Waal, Worcester

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa