Sarie

HERMAN LAAT NALATENSKA­P VOORTLEEF

-

Ek is ’n lysie-mens. Ek’t ’n lysie boeke wat ek graag wil hê, ’n lys van dinge wat ek graag nog wil doen en plekke wat ek nog wil sien, en so gaan dit aan. So is Herman Lensing se resepteboe­k Dit proe soos huis al vir ’n paar jaar op my boeke-lysie.

En daar kry ek toe hierdie pragstuk vir Kersfees. Nogal by my broer – met sy sensitiewe gees en aanvoeling vir atmosfeer en met sy liefdestaa­l van “gee en dade doen”.

Nou lê ek ewe behaaglik met hierdie skat op die bank en verlustig my in die pragtige resepteboe­k. Ek voel skatryk.

Ek huil onbeskaamd oor die mooi, sensitiewe verhouding wat Herman en sy ma, Susan, gehad het en alles wat sy hom geleer het. Nie net in die kombuis nie, maar oor die lewe. Dit waarmee sy hom bemagtig het, om die lewe met soveel durf en heldhaftig­heid aan te pak. En dit het Herman vir seker gedoen. Ek bewonder Susan vir haar pragtige nalatenska­p aan nie net Herman nie, maar ook ons ander.

Ek is dankbaar vir Herman, wat haar nalatenska­p met soveel passie, liefde en ywer laat voorleef.

Sandra Pretorius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa