Sarie

OPE BRIEF AAN MEJ. SA 2021

-

Beste Mej. Mswane Dapperheid is oor die eeue heen ’n daaglikse vereiste vir die bewoners van ons wêreld. Voorbeelde hiervan is talloos, maar baie min van die dapperes se verhale speel uit op die wêreldverh­oog. Jy, beeldskone en baie dapper Mej. Suid-Afrika, is een van min wat dié besluit moes neem: “Gee ek oor of gee ek alles?” Ten spyte van boelietakt­ieke en doodsdreig­emente word jy ’n simbool vir ’n saak van beginsel. Jy dra die vlag gedurende ’n tyd, gekenmerk deur voorskrift­elikheid en afknouery, nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir iedereen wat dapper moes voortgaan omdat hulle glo in ’n saak. Ons dokters en al die ander helde in die tyd van Covid, die joernalist­e plaaslik en wêreldwyd wat nie gemuilband kan word nie . . . almal wat daagliks meer moed as wat hulle gedink het hulle het, aan die dag moes lê om die lewe in die oë te kyk, om watter rede ook al. Jy, mej. Mswane, dra die vlag. Alles kan nie verpolitis­eer word nie. Reg is reg, verkeerd is verkeerd. Ingee, opgee, handdoek ingooi is nie ’n keuse nie! Jy het gekies – teen boelies. Jy het gekies vir die beginsel van die saak, jy het gekies vir ons almal. Voeg by al jou prestasies my respek en bewonderin­g. Skoonheid kom werklik nie net van buite nie, maar van binne.

Joey Beukes, Middelburg, Mpumalanga

* Die regering het hul steun aan Lalela Mswane onttrek omdat sy deelgeneem het aan die Mej. Heelal-kompetisie wat in Eilat, Israel, gehou is. Die 24-jarige Lalela is as die tweede prinses gekroon.

FOTO BO Aanbieder Steve Harvey ondervra Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa