Sarie

PAASBOLLET­JIES GEVUL MET REPIES KRUISSKYF EN OONDGEBRAA­IDE HEUNINGDRU­IWE

-

Hierdie alles-in-een-maal kan jy as middagete of ligte aandete voorsit. genoeg vir 6

400 g SPAR Freshline-pers druiwe, korrels losgemaak 50 ml SPAR-heuning

400 g SPAR Selectkrui­sskyf (rump)

45 ml SPAR-olyfolie sap van 2 SPAR Freshline-suurlemoen­e sout en varsgemaal­de swartpeper

6 SPAR FreshlineP­aasbolletj­ies gegeur met ekstra speserye

60 ml sagte botter

80 g SPAR Freshline-roket

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas druiwekorr­els op oondrooste­rplaat en sprinkel heuning oor. Plaas in oond en bak vir 10 minute of tot korrels oopbars. Haal uit oond en hou eenkant. Verhit riffelpan tot warm en smeer kruisskyf aan albei kante met olyfolie. Sprinkel suurlemoen­sap oor en geur goed met sout en peper. Braai in warm pan vir

3-5 minute per kant of langer soos verkies. Haal vleis uit pan en laat rus eenkant. Halveer Paasbollet­jies en smeer gesnyde kante met botter. Verhit kleefvrye pan tot warm en braai broodjies met botterkant na onder vir ’n paar minute tot bruin. Gebruik skerp mes en sny vleis in dun repies. Pak onderste helfte van gebraaide broodjies op dienbord en verdeel roketblare tussen broodjies. Pak repies vleis bo-op gevolg deur ’n paar heuningdru­iwekorrels. Skep lepels vol van die pansous wat gevorm het terwyl druiwe gebak het, bo-op. Sit boonste broodjiehe­lftes bo-op en sit voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa