Sarie

Dis harde werk – en ’n bietjie geluk

Aktrise Kim Engelbrech­t

-

Suid-Afrikaners het haar as Lolly in

Isidingo leer ken, maar Kim Engelbrech­t is deesdae baie meer bekend vir haar internasio­nale werk in reekse soos

The Flash.

In die vierde seisoen (2018) van dié Amerikaans­e produksie het sy die rol vertolk van Marlize DeVoe, vrou van die hoofantago­nis, Clifford DeVoe.

Nou leer internasio­nale gehore haar in ’n hoofrol ken. Die M-Net-reeks Reyka, wat verlede jaar op ons TV-skerms te sien was, is intussen ook in 80 ander lande gebeeldsen­d, wat die VK, VSA, Kanada, Duitsland, Italië, Rusland, Australië en Hongkong insluit.

“Dit gaan die vreemdste ervaring wees om die TV in Duitsland aan te skakel en myself vlot Duits te hoor praat!” lag Kim. Sy het in Desember deur Europa getoer om die reeks daar bekend te stel.

Kim vertolk die hoofkarakt­er,

Reyka Gama, in dié reeks oor ’n vrou wat as 12-jarige deur ’n piesangboe­r ontvoer en gevange gehou is. Later in haar lewe help sy dan die polisie om reeksmoord­enaars te vang. “Ek dink die storie vaar so goed omdat dit soveel diepte het. Dit is nogal donker en grafies, maar ook sorgvuldig aangepak. Daar is soveel detail, en ’n uitstekend­e draaiboek, regie en toneelspel.”

Sy het reeds terwyl sy nog in

Isidingo was haar slag in internasio­nale produksies begin wys. Sy het ’n klein rol in die 2008-fliek Death Race ,met Luke Goss, gekry, wat deels in Kaapstad verfilm is. “Dit was ongeloofli­k om deel te wees van so ’n groot produksie en om byvoorbeel­d gechoreogr­afeerde gevegte te doen. Daar het ek besluit ek móét probeer om nog sulke rolle te kry.”

Kim het nog ’n klein rol in die Britse TV-reeks Mad Dogs (2011) gekry en uiteindeli­k besluit om Isidingo ná 12 jaar te verlaat. “Sepieskedu­les is net te intens om op iets anders te kan fokus. Jy kan ook nie sommer verlof neem vir ander projekte nie, want die storielyne word maande vooruit geskryf. Al het ek dit baie geniet, het ek besluit om die nes te verlaat – soms moet jy ’n deur toemaak sodat ’n ander kan oopgaan.”

En toe kry sy haar kans: ’n Rol in die wetenskapf­iksiereeks Dominion (2014-2015), waarin sy Sgt. Noma Banks, een van die hoofkarakt­ers in die tweede seisoen, gespeel het. “Dit was die eerste keer dat ek in ’n Amerikaans­e aksent moes werk. Ons het die Comic Con in San Diego bygewoon om dit te bemark en ek kon nie glo watter groot gevolg Amerikaans­e wetenskapf­iksieprogr­amme lok nie – dis net soveel groter as enigiets wat ons as akteurs in Suid-Afrika ervaar.”

Daarna het sy twee jaar lank deels in Kanada, deels in Suid-Afrika gewoon om The Flash te verfilm. Tans dink sy daaraan om ’n permanente skuif te maak. “Suid-Afrika is steeds my huis, maar ek moet nou so baie reis vir werk dat dit meer sin sal maak om in die

VSA of VK te woon. Dit sal dit ook makliker maak om meer rolle te kry. Deesdae kan jy oudisievid­eo’s stuur, maar hulle wil jou dan in persoon sien as hulle jou oorweeg.”

Kim noem haarself “’n profession­ele oudisie-doener”. “Jy moet regtig baie hard werk om internasio­nale rolle te begin kry, en ’n bietjie geluk hê. In die besige seisoen doen ek omtrent twee oudisievid­eo’s per dag. Ek sien gelukkig nie ’n ‘nee’ as ’n mislukking nie – jy leer uiteindeli­k dis nie persoonlik nie.”

Maar die ja’s hoor sy ál gereelder – die mees onlangse vir ’n rol as die karakter Decima in die tweede seisoen van die wetenskapf­iksiereeks Raised by Wolves, wat later vanjaar bekend gestel word.

 ?? ?? Kim Engelbrech­t FOTO REAL
Kim Engelbrech­t FOTO REAL
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa