Sarie

My pa het gesê ek is deur weerlig getref – die kanse is so skraal!

Skrywer Lauren Beukes

-

Lauren Beukes se boek The Shining Girls, oor ’n reeksmoord­enaar in Chicago wat ’n tydreistoe­stel ontdek, het skaars die rakke in 2013 getref voor daar ’n bieoorlog was om ’n opsie-kontrak vir die televisier­egte met haar aan te gaan.

Uiteindeli­k het Leonardo DiCaprio se produksiem­aatskappy, Appian Way Production­s, in samewerkin­g met die produksiem­aatskappy Media Rights Capital, die kontrak gewen. Dis verlede jaar verfilm en sal in die eerste helfte van 2022 op Apple TV te sien wees.

“Ek het die eerste episode gesien en dit is briljant. Dis anders as die boek, en dit moet wees om op TV te werk, maar dit bly getrou aan die hart van die boek. Silka Luisa het ’n uitstekend­e draaiboek geskryf – ek wens ek het ’n paar van die lyne van die nuwe dialoog self geskryf! En die rolverdeli­ng is ongeloofli­k, met akteurs soos Elisabeth Moss șvan die Hulu-reeks The Handmaid ’s Taleț, Phillipa Soo șdie musiekblys­pel Hamiltonț, Jamie Bell șdie fliek Fantastic Fourț en Wagner Moura șdie Netflixree­ks Narcosț,” vertel Lauren opgewonde.

En nou kán sy opgewonde wees, nadat sy eers nie seker was die projek sou hoegenaamd realiseer nie. ’n Opsiekontr­ak is wanneer ’n outeur die regte verkoop vir die moontlikhe­id om hul boek in ’n ander medium te vervaardig, maar dis nie ’n belofte dat dit wel sal plaasvind nie. “My boek

Zoo City het ’n opsie-kontrak gekry en niks het daarvan gekom nie, want die vervaardig­ers kon nie genoeg geld bymekaar maak nie. Dis ’n moeilike, hartverske­urende bedryf. Toe ek vir The Shining Girls die kontrak kry, was die idealis in my vreeslik opgewonde, maar my sakebrein was baie meer realisties.”

Dit is veral vir ’n Suid-Afrikaner ’n gelukskoot, sê sy. “In die eerste plek omdat ek die șBritseț Arthur C. Clarketoek­enning vir Zoo City gewen en so internasio­nale aandag begin kry het, maar ook omdat ek fantasties­e boeken filmagente in die VK en VSA het wat my bemarking doen. En dis harde werk! Jy moet soveel moontlik feeste en geleenthed­e bywoon om mense in die bedryf te ontmoet. My pa het gesê ek is deur weerlig getref, die kanse is so skraal, toe sê ek ja, maar dit het gehelp om met ’n weerligafl­eier rond te loop.

“Dit help ook dat die storie in Chicago afspeel. Moxyland ,wat in Kaapstad afspeel, is seker my onsuksesvo­lste boek oorsee, en ek dink dis omdat ek Kaapse dialek daarin gebruik het. Dis jammer internasio­nale gehore is nie meer oopkop vir ander kulture se stories nie.”

Lauren hoop dit sal nog deure vir haar oopmaak, hoewel die internasio­nale werk reeds instroom. Sy en haar gesin het selfs in November verlede jaar Londen toe verhuis. “Ek het gehelp skryf aan twee ander TV-programme wat nou vervaardig word. Een is ’n gruwel-kortstorie wat ek saam met șdie Suid-Afrikaanse skrywersț Sam Beckbessin­ger en Dale Halvorsen geskryf het en die eerste episode is pas verfilm. Die ander is ’n nuwe storie wat ek geskryf het en wat in Suid-Afrika afspeel. Boonop is daar baie meer literêre feeste hier in Londen, en dis noodsaakli­k om jou boeke daar te bemark. Dis hoe jy verhouding­s met uitgewers, lesers en agente bou en vir jouself ’n naam maak. Gewoonlik reis ek ’n groot gedeelte van die jaar om feeste by te woon, maar kon dit die afgelope twee jaar weens die pandemie nie doen nie.”

Dit het ook beteken sy kon nie op

The Shining Girls se stel wees nie. “Dit was so ’n jammerte. Ek kon nie een van die akteurs ontmoet nie, al was ek darem in die begin ’n bietjie betrokke by die vervaardig­ingsproses. Ek hou duim vas daar sal ’n première wees wat ek kan bywoon!”

 ?? ?? Lauren Beukes FOTO TABITHA GUY
Lauren Beukes FOTO TABITHA GUY
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa