Sarie

aanlyn JOU KOOKSKOOL

-

Ravioli. Tagliatell­e. Min dinge rol so maklik van die tong af soos pasta en ’n japtrap sous. Leer hoe om jou eie tagliatell­e en veerligte gnocchi te maak vir geurige weeksaande­tes of ’n uithang-pastaparty­tjie. Leer kook soos ’n sjef saam met Herman Lensing en Slimmer met SARIE – alles in die gemak van jou eie kombuis

SLIMMER MET SARIE is ’n aanlyn projek wat elke entoesias die kans gee om meer te leer oor hul stokperdji­e of om nuwe vaardighed­e baas te raak.

In dié kursus rus Herman Lensing, kosredakte­ur van SARIE en

SARIE KOS, en 13 kenners jou toe met 13 onontbeerl­ike tegnieke: Hoe maak jy pastadeeg, ontbeen jy ’n hoender of hoe verhef jy die nederige aartappel tot bistro-perfeksie? Selfs hoe om die regte (en beste) mes vir die werk te kies. Herman leer jou alles – al die moets en moenies en ’n hele paar wenke wat kook en bak makliker maak.

Onthou net, hierdie is nie ’n gewone kosdemonst­rasie nie, jy leer die beginsels van kook en bak. Dit vorm die grondslagt­egnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie.

Ek deel meer as net lekker resepte in hierdie kursus. Dit gaan oor die dieper lesse wat met wysheid kom. Ontspan, want in hierdie kookklasse is daar nie ’n klomp teorie of kwaai lektore wat punte gee nie Herman Lensing

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa