Sarie

ONS DROOM OM . . .

-

– te onthou. As jy goed geslaap en gedroom het, werk jou geheue beter, het eksperimen­te bewys.

– jou brein werkend te hou. “Data” word in die vorm van gedagtes en gevoelens geskep. Jou drome is daarom ’n lukrake skermskut (screensave­r ) wat keer dat jou brein afskakel.

– te vergeet. “Die doel van die REM-fase is om te help om jou geheue te herorganis­eer. Wanneer ons droom, sif die korttermyn­geheue deur gister se inligting en filtreer dit. Net sommige daarvan word in die langtermyn­geheue gestoor,” sê Peet.

– te repeteer. As jy droom

’n bose karakter jaag jou, oefen jy jou vlug- of veg-instinkte vir wanneer jy wakker is. As jy oor jou aantreklik­e buurman droom, oefen jy klaarblykl­ik jou voortplant­ingsinstin­k.

– stres te hanteer. Drome versag pynlike ervarings en sorg vir sielkundig­e gesondheid. Posttrauma­tiese stresverst­euring (PTSV) kan slegte slaap en minder drome veroorsaak. Jou droomgebre­k kan bydra tot PTSV, glo sommige wetenskapl­ikes.

– probleme op te los. Realiteit en logika speel nie hier

’n rol nie. Jy kan al dromend oplossings vir probleme vind. Die Amerikaans­e gholfspele­r Jack Nicklaus het só ’n knaende probleem met sy gholfswaai opgelos.

– kreatief te wees. Drome inspireer. Sir Paul McCartney van die Beatles het byvoorbeel­d die liedjie “Yesterday” so geskep.

Fisieke of psigiese siekte, medikasie, alkohol en dwelms kan jou drome beïnvloed. Onttrekkin­g kan tot nagmerries lei.

As jou drome/nagmerries jou ontstel en wakker hou, kry hulp by ’n slaaplabor­atorium, sielkundig­e of psigiater.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa