Sarie

Jy is swanger

-

Hierdie droom hou met kreatiwite­it verband. Jy werk aan ’n projek of ’n doel en moet wag vir die uiteinde. Swangerska­p kan ook ’n nuwe begin aandui. Jy skenk lewe in jou droom: Jy het ’n kreatiewe proses voltooi, soos om ’n boek of skildery te “baar”. In jou droom sukkel jy om swanger te raak: Jy kan nie jou kreatiwite­it behoorlik uitleef nie, ook nie iets nuuts of kreatiefs begin nie. As jy vrugbaar is en jy in jou wakker ure aan swangerska­p of vrugbaarhe­id dink, is jou swangerska­pdroom meer letterlik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa