Sarie

MANS DROOM OOK

-

Mans sê baiekeer hulle droom nie, maar álmal droom. Ons vergeet net sowat 95% van ons drome, veral die eerste droom, want jy kan nie “so lank terug” onthou nie, sê Peet.

Volgens prof. Solms kan enigiets wat slaap versteur, stres ingesluit, jou vermoë om te onthou verbeter en ook die inhoud van jou droom beïnvloed, soos met Covid-bekommerni­sse.

Hoe jy wakker word, tel ook. Jy droom meestal in die laatoggend-ure van slaap. As jy later slaap, soos in die grendeltyd, en natuurlik wakker word (sonder ’n alarm), sal jy meer drome onthou. Dis die “laatoggend­effek”, sê die professor.

Fokus op jou drome. Moenie jou aandag laat aflei deur onmiddelli­k uit die bed te spring nie. As jy nie dadelik jou droom onthou nie, vra watter emosie jy nou voel. Die droominhou­d kan terugkeer.

“Jy vergeet jou drome hoofsaakli­k omdat hulle nie werklik is nie. Daar sou ’n chaos wees as ons al ons hallusinas­ies onthou asof hulle ware gebeure is,” sê prof. Solms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa