Sarie

HOE VORM HIPERPIGME­NTASIE?

-

Carina Franck, stigter van die Kalahari-velsorgree­ks, verduideli­k hiperpigme­ntasie is die gevolg van klein tentakelag­tige selle aan die onderkant van jou vel se epidermis, genaamd melanosiet­e, wat die pigment melanien afskei. Melanien werk soos ’n natuurlike sonskerm en absorbeer die UV-lig wat deur jou vel dring sodat dit nie dieper selle beskadig nie. As gevolg van verskillen­de faktore word hierdie selle soms oorstimule­er en vervaardig dit meer melanien as normaalweg. Soos die pigment na die veloppervl­ak beweeg, vorm dit bruin, oneweredig­e vlekke wat mettertyd al hoe sigbaarder word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa