Sarie

Salonbehan­delings

-

Omdat hiperpigme­ntasie dikwels diep binne jou vel lê, vorm profession­ele salonbehan­delings ’n belangrike tweede stap in jou aksieplan. Dié behandelin­gs word die meeste aanbeveel:

CHEMIESE AFSKILFERI­NG

Chemiese afskilferi­ngsbehande­lings met sure soos glikol-, melk-, aselaïen- en trichloora­synsuur (TCA) verwyder ’n aantal lae van jou vel om pigmentasi­evlekke oor tyd weg te skaaf sodat dit ligter lyk.

BREËBAND-LIG (BBL)

’n BBL-behandelin­g gebruik ligenergie van verskillen­de golflengte­s om sekere kleurpigme­nte in jou vel te vernietig. Die resultate is dikwels dramaties en ’n groot deel van jou vel kan op ’n slag behandel word. Volgens dr. Lapiner werk dit uitstekend om die voorkoms van sonvlekke en sproete te verminder.

MIKRONAALD­E

Volgens prof. Fernandes help ’n mikronaald­behandelin­g om die voorkoms van pigmentasi­e te verbeter omdat dit kragtige bestanddel­e toelaat om dieper in jou vel in te penetreer. Die bestanddel­e onderdruk dan verskillen­de aspekte van die melanienve­rvaardigin­gsproses. Die behandelin­g is veral geskik vir melasma omdat die kans vir inflammasi­e kleiner is.

FRAKSIONEL­E LASER

Soortgelyk aan ’n chemiese afskilferi­ngsbehande­ling. Dié behandelin­g verwyder die boonste lae van jou vel deur middel van ’n laserstraa­l wat in talle kleiner straaltjie­s opgebreek word om ’n reeks mikrowonde te veroorsaak. Dit werk baie dieper en jy sal vinniger resultate sien, maar jy gaan dalk ’n paar dae hersteltyd nodig hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa