Sarie

Tuissorg met aktiewe bestanddel­e

-

Laastens help goeie tuissorg om die voorkoms van hiperpigme­ntasie te bestuur en die ontwikkeli­ng van nuwe vlekke soveel as moontlik te onderdruk.

’n Chemiese afskilfera­ar en ’n goeie velsorgree­ks wat ’n kombinasie van aktiewe bestanddel­e soos retinol, vitamien C, niasienami­ed, arbutien, en kojien- en aselaïensu­ur inspan om die melanienve­rvaardigin­gsproses te onderdruk, behoort deel van jou daaglikse roetine te wees.

“Moet egter nie net ’n rits produkte met aktiewe bestanddel­e op jou vel gebruik en hoop vir die beste nie,” maan dr. Lapiner. Werk altyd saam met jou dermatoloo­g of velsorgter­apeut om die beste kombinasie van tuisproduk­te en salonbehan­delings vir jou hiperpigme­ntasie te bepaal. Carina waarsku ook dat hoër konsentras­ies nie noodwendig beter is nie. “Hiperpigme­ntasie is ’n vorm van inflammasi­e, dus kan produkte wat té sterk of aktief is vir jou vel verdere hiperpigme­ntasie stimuleer.”

Om die beste resultate te kry verg toewyding en geduld. Moenie oornag wonderwerk­e verwag nie

Carina Franck, stigter van Kalahari

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa