Sarie

Goeie begin

Begin jou dag op ’n hoë noot met heilsame ontbytmuff­ins. Met die geur van heuning en GLAD se produkte kan jy maar weet dit gaan lekker wees

-

HAWERMOUT-ENHEUNINGM­UFFINS

Die geheim van hierdie muffins is om die hawermout eers gaar te maak voor jy dit by die beslag voeg. So is die eindresult­aat lekker klam. genoeg vir 12 n 160 g (180 ml) hawermout, plus ekstra vir oorsprinke­l n 250 ml water

n 350 g (625 ml) bruismeel

n 310 ml melk

n 125 ml heuning

n 1 eier

n 90 g (95 ml) botter, gesmelt, plus ekstra vir voorsit

Plaas hawermout en water in mikrogolfb­estande bak en bedek met GLAD Cling Wrap. Mikrogolf op hoog vir 3 minute. Laat staan tot afgekoel (foto 1). Sny 12 sirkels GLAD Bake & Cooking Paper van 15 cm in deursnee. Voer 12 holtes van ’n kolwyntjie­pan met die papiersirk­els uit (foto 2). Verhit oond tot 180 °C. Meng res van bestanddel­e en gaar hawermout in groot mengbak. Verdeel mengsel tussen uitgevoerd­e holtes en sprinkel ekstra hawermout oor. Bak vir 12-15 minute of tot toetspen skoon uitkom. Sit warm voor met botter.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa