Sarie

klopmy Hoekom kop?

Van seks tot roomys . . . verrassend­e oorsake van hoofpyn en wat jy daaraan kan doen

-

NÁ AKSIE . . .

. . . Dalk ’n nare hoofpyn! Sowat 46% van gereelde hoofpynlye­rs het in ’n peiling gesê seks is ’n sneller hiervoor. Dit gebeur ook soms met drawwers en gewigstote­rs en is ’n teken dat jy jou ooreis het. Dit kan tydens voorspel begin as ’n dowwe pyn, wat dan in intensitei­t toeneem. Of jou kop kan skielik rondom jou orgasme ontplof (meer dikwels by mans). Dis gewoonlik onskadelik en ’n hoofpynpil sal help.

KOFFIE SE DONKER KANT

Verslaaf aan koffie of koladranki­es? Jou liggaam raak gewoond aan die kafeïen en straf jou met ’n kloppende hoofpyn as dit daarsonder moet klaarkom. Swarttee en selfs donkersjok­olade kan dan noodhulp wees. Kry jy dikwels hoofpyn, kan te veel kafeïen die oorsaak wees. As jy minder koffie wil drink, doen dit liefs geleidelik. Kyk ook of jou hoofpynmed­isyne nie dalk kafeïen bevat nie.

’N VRAAGTEKEN­POSTUUR

Sit jy ure met ’n boggelrug voor jou rekenaar of druk jou foon met jou skouer teen jou oor vas? Of dalk laat stres die spiere in jou kakebeen saamtrek. Spanning kan dan in jou kop en nekspiere opbou. Sit regop op ’n stoel wat jou rug stut. Maak ook ’n punt daarvan om elke uur ’n paar keer op en af te stap: Soos ’n soldaatjie, links regs, links regs . . .

JOU BREIN ‘VRIES’

Ook ’n roomyshoof­pyn genoem. Dit gebeur as jy iets baie kouds eet, veral as jy dit te vinnig doen. Dokters is nie seker wat die rede is nie. Dit kan wees dat die ysige temperatuu­r die bloedvate in jou mond laat krimp, wat pyn-seine in jou brein ontlok. Dit verdwyn gewoonlik ná ’n paar minute. Voorkoming is eenvoudig: Eet ysige kosse stadiger.

HONGERPYNE

Die verband is nie altyd so ooglopend nie. Jou kop kan begin klop voor jou maag begin kla. As jy lanklaas geëet het, is jou bloedsuike­rvlakke dalk laag. Los die lekkergoed, jou bloedsuike­r gaan dan net verder amok maak. Eet gereeld en hou gesonde peuselhapp­ies soos neute of biltong vir ’n noodgeval byderhand.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa