Sarie

WAT STUDIES SÊ

- Dr. Alvin J. Munsamy

Bysiendhei­d kan moontlik vererger tydens en ná die pandemie, het ’n ontleding van studies bevind wat in die American Journal of Ophthalmol­ogy gepublisee­r is. En sowat ’n derde van Britte (31%) het in Junie verlede jaar gereken hul sig het tydens die pandemie versleg – ’n sprong vanaf

22% sedert Junie 2020, het navorsers van die College of Optometris­ts in die Verenigde Koninkryk bevind.

Bysiendhei­d by kinders tussen ses en dertien het in 2020 tot drie keer toegeneem teenoor die tydperk 2015-’19, volgens ’n studie in die joernaal JAMA Ophthalmol­ogy met data van Feicheng, China. Interessan­t dat sesjariges se oë die meeste agteruitge­gaan het. Aangesien ouer kinders meer tyd voor die skerm deurbring, kan dit dalk daarop dui dat jonger oë meer sensitief is.

Volgens die navorsers is hul resultate die eerste bewys dat die Covid-19-inperking en minder buitelugak­tiwiteit geassosiee­r word met swakker sig. Hulle het gemaan dat die resultate versigtig geïnterpre­teer moet word, aangesien die data nie die presiese hoeveelhei­d skermtyd of nabywerk, of die ure van buitelugak­tiwiteite vir individuel­e kinders verskaf nie. Tog is dit opvallend hoeveel dit van vorige jare s’n verskil.

< van die wêreld se bevolking raak. Die pandemie kan dit dalk verhaas. (Sien “Wat studies sê”, bl. 133.)

ONS BYSIENDE JEUG

Kinders in Oos- en Suidoos-Asië word tans die meeste met bysiendhei­d gediagnose­er, volgens dr. Alvin J. Munsamy, senior lektor in optometrie aan die Universite­it van KwaZulu-Natal se skool vir gesondheid­swetenskap­pe. “Dis ’n waarskuwin­g waaruit ons moet leer. Die golf begin nou eers plaaslik met onder meer aanlyn skoolonder­rig, ens. Maar dis onvermydel­ik.”

Ons het nie ’n volledige prentjie oor die voorkoms van bysiendhei­d plaaslik nie. Dit maak egter sin dat dit nie juis van oorsese data sal verskil nie, veral teen die agtergrond van verstedeli­king. Mense strewe na beter geleerdhei­d

(’n drywer van bysiendhei­d) as gevolg van maatskapli­ke eise, sê hy.

“Daar is beslis ’n skuif na jonger mense wat ’n bril vir bysiendhei­d moet kry,” volgens Vanessa Wiese, oogkundige by Camarena Porter Optometris­t (Spectacle World), Kaapstad. “Ongelukkig is dit ’n gevolg van die digitale era.” Volgens haar het hulle in hul praktyk ná die eerste helfte van die pandemie ook heelparty ouer mense gesien wat kla hulle sukkel om gemaklik naby (rekenaaraf­stand en lees) te sien. Dit word presbiopie genoem – iets wat met die ouderdom saamgaan. (Dit word met multifokal­e, of bi- of trifokale lense behandel.)

VIEROGIGE GESIN

Bysiende ouers se kinders het ’n groter kans om bysiende te wees, volgens dr. Munsamy. “As albei jou ouers bysiende is, is daar ’n goeie kans dat jy ook gaan wees. Is een ouer bysiende, is jou kans matig.” Die feit dat kinders minder buite speel, speel ook ’n rol, sê hy.

Enigeen wat baie tyd voor rekenaars en ander digitale toestelle deurbring, het boonop ’n groot risiko om droë oë (rooi, krapperige oë) te ontwikkel. Dit klink dalk nietig, maar word dikwels veroorsaak deur atrofie van die meibomklie­r (op die boonste en onderste ooglede se rand).

Nou is dit so dat jy jou oë minder knip as jy na ’n skerm staar. Die verband tussen kinders se daaglikse skermtyd en ernstige meibomklie­ratrofie is in ’n studie bestudeer wat in die American Journal of Ophthalmol­ogy gepublisee­r is.

Sowat 86% van die 17 kinders met ernstige meibomklie­ratrofie het minstens vier uur per dag na ’n digitale skerm gekyk. Die studie is voor die pandemie gedoen. Die volle effek van ons skermfuif tydens die pandemie sal eers oor ’n paar jaar duidelik wees, volgens die navorsers op die webtuiste ophthalmol­ogyadvisor.com.

TROETEL JOU SIG

Oogkundige­s hou van die 20-2020-reël: Neem elke 20 minute ’n 20-sekonde-blaaskans en kyk na iets 20 voet (sowat 6 m) van jou af. Knyp dan jou oë styf toe en hou dit ’n rukkie só.

Gaan buitentoe. Die kombinasie van lang skermtyd en minder tyd buite is die grootste risiko vir bysiendhei­d by jong kinders, het ’n ontleding van 27 studies bevind. En kinders wat 40 minute langer speeltyd buite by die skool gekry het, was 9% minder geneig om die volgende drie jaar bysiende te raak, het ’n studie met graadeentj­ies (gemiddeld ses jaar) in China bevind.

As jy dus bekommerd is oor jou kinders se sig: Laat hulle buite speel. “Minstens twee uur elke dag om bysiendhei­d te vertraag. Kinders moet liefs nie langer as 45 minute nabywerk (minder as 20 cm) doen nie,” sê dr. Munsamy. Die risiko is die grootste by kinders jonger as tien, volgens hom.

In watter mate ons geboer voor die skerms die afgelope sowat twee jaar ons sig aangetas het, is dalk nog nie ’n uitgemaakt­e saak nie. Maar dís seker: Te veel skermtyd maak jou oë móég.

KONTAK

Camarena Porter Optometris­t: optom@spectaclew­orld.co.za,

021 595 3410, spectaclew­orld.co.za

 ?? ?? Bron: Camarena Porter Optometris­t (spectacle world. co.za)
Bron: Camarena Porter Optometris­t (spectacle world. co.za)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa