’N SPIERWIT GLIMLAG – EN COVID
Nog ’n rede om jou tande soggens en saans twee minute lank te borsel. Mense met swak mondgesondheid se simptome kan erger wees sou hulle Covid-19 kry. Jou kans is dan 3,5 keer groter om in die hoësorgeenheid opgeneem te word. Ook 4,5 keer groter om op ’n ventilator geplaas te word en 9 keer groter om weens die virus te sterf, het navorsing bevind. Bron: theconversation.com