Sarie

KOEIE WAT DIE ‘KAMER VERLAAT’

-

Navorsers in Duitsland het melkkoeie suksesvol geleer om ’n klein omheinde gebied met ’n kunsgrasvl­oer as toilet te gebruik. Dit kan boere in staat stel om koei-urine, wat dikwels lug, grond en water besoedel, maklik op te vang en te verwerk, berig die wetenskapl­ikes in die joernaal Current Biology. Stowwe in urine, soos stikstof en fosfor, kan gebruik word om kunsmis te maak. Wêreldwyd is daar sowat 1 miljard beeste wat elk strome (tientalle liters) per dag piepie. In skure meng dit met mis op die vloer en vorm ’n pappery wat lugbesoede­lende ammoniak vrystel. In weivelde kan dit na nabygeleë riviere en damme uitloog en die kweekhuisg­as distikstof­oksied vrystel. Bron: sciencenew­s.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa